Genoeg vir 6 persone

Ek kan nooit genoeg van my ouma se malvapoeding kry nie, maar dis regtig baie werk. Maar ek het ’n kortpad gevind! Die geheim is appelkooskonfyt en die sous.

  • 1 x 600 g-vanielje-bokskoek (ek verkies Ina Paarman s’n)
  • 3 eiers
  • 180 ml sonneblomolie
  • 250 ml melk
  • 60 ml appelkooskonfyt

Stroop

  • 1 blik ingedampte melk (Ideal Milk)
  • 250 ml warm water
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 30 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • Vir voorsit
  • 500 ml vanieljevla
  • 1 L vanieljeroomys

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Plaas die bokskoekmengsel, eiers, olie, melk en konfyt in ’n groot mengbak. Roer tot glad met ’n draadklitser.
  2. Spuit ’n 30 cm-ringkoekpan met kleefwerende kossproei.
  3. Gooi die mengsel daarin en bak 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  4. Terwyl die koek bak, maak die stroop: Plaas al die bestanddele in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Gooi bo-oor die koek sodra dit uit die oond kom.

Keer uit op ’n opdienbord en sit voor met vanieljevla en -roomys.

Wenk: Probeer volgende keer om die poeding met sjokolade-bokskoek te maak. Roer dan so 30 ml kakaopoeier by die stroop in om dit ekstra dekadent te maak.

Hierdie resep kom uit Herman Lensing se boek, VOORSKOOT. Bestel dit hier

voorskoot