Melissa Cook van Randhart, Gauteng, het hierdie resep met ons gedeel.

LEWER 12 STAFIES

Bereiding: 15 minute

Verkoeltyd: sowat 2 uur

225 g sjokoladebrokkies

250 ml (1 k) gladde grondboontjiebotter

15 ml (1 e) botter

500 ml (2 k) wit malvalekkers, kleiner geknip indien groot

Smeer ’n langwerpige bakpan van 30 x 11 cm.

  1. Smelt die sjokoladebrokkies, grondboontjiebotter en botter saam in ’n glasbak oor ’n bak met kookwater of 1-2 minute in die mikrogolfoond. Roer gereeld.
  2. Voeg die malvalekkers by en meng goed – die lekkers hoef nie heeltemal te smelt nie.
  3. Giet in die pannetjie en plaas in die yskas tot gestol. Sny in stafies.

WENK

As jy haastig is, kan jy die pan sowat 30 minute in die vrieskas plaas tot die mengsel gestol maar nie gevries het nie.