LEWER 1 TERT VAN 23 CM

Bereiding: 15 minute

Verkoeltyd: 1 uur

1 pak (150 g) klappermalvalekkers

250 ml (1 k) suurroom

50 g geroosterde klapper

200 g vars frambose of enige ander bessies

vars frambose en geroosterde klapper vir versiering

  1. Sit ’n paar malvalekkers eenkant en kap die res in klein stukkies.
  2. Meng die malvalekkers, suurroom en klapper en skep in ’n pasteibak.
  3. Plaas die frambose en orige malvalekkers bo-op en strooi die geroosterde klapper oor.
  4. Verkoel minstens 1 uur.

WENK