LEWER 375 ML SOUS

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 5-10 minute

125 ml (½ k) melk

15 ml (1 e) margarien

250 ml (1 k) suiker

45 ml (3 e) kakao

1 ml (¼ t) kremetart, opgelos

in 15 ml (1 e) water

3 ml (ruim ½ t) vanieljegeursel

  1. Meng al die bestanddele behalwe die vanieljegeursel saam in ’n kastrolletjie en verhit. Roer aanhoudend tot die suiker opgelos het. Bring tot kookpunt en laat 5 minute kook.
  2. Haal die sous van die stoof af en voeg die vanielje by. Meng goed.
  3. Sit warm of koud voor saam met roomys.

WENK

Kook die sous langer as jy ’n dikker sous verlang.