Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

Staantyd: 1 uur

250 ml (1 k) korrelrys

1 L (4 k) melk

125 ml (½ k) strooisuiker

30 ml (2 e) vanieljestroop

80 g gerasperde sjokolade

45 ml (3 e) aarbeikonfyt, verhit

Voorverhit die oond tot 150 °C.

  1. Spoel die rys in koue water af om stowwerige stysel te verwyder. Plaas dit in ’n groot kastrol saam met die melk, suiker en vanieljestroop.
  2. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 25 minute prut. Roer elke 5 minute. Laat nog 5 minute prut terwyl jy aanmekaar roer om te keer dat die rys vassit.
  3. Verwyder van die plaat en giet dit in ’n vlak oondskottel. Bak 30 minute in die oond. Haal uit en laat minstens 1 uur staan; dit sal die romerige tekstuur laat ontwikkel.
  4. Strooi die sjokolade oor en skep die konfyt oor.