Bereiding: 15 minute

Vriestyd: 8 uur

Genoeg vir 10 mense

380 g (1 blik) ingedampte melk

250 ml (1 k) strooisuiker

250 ml (1 k) slagroom (whipping cream)

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

1.    Klits die melk 5 minute of tot effens verdik met ’n elektriese klitser. Roer die helfte van die suiker in en sit eenkant.

2.    Klits die room tot stywe pieke vorm. Roer die res van die suiker by die stywe room in.

3.    Vou die stywe room by die melkmengsel in en meng die vanielje-ekstrak in.

4.    Skep die mengsel in ’n plastiekbak en vries 8 uur voor jy dit voorsit.

-  Hannetjie Langenhoven van Hooggelegen, Groot-Brakrivier

CLICK HERE for the English version