Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

Verkoel: 2 uur

45 ml (3 e) botter

180 ml (¾ k) donker bruinsuiker

250 ml (1 k) room

500 ml (2 k) melk

180 ml (¾ k) mielieblom

1 ml (¼ t) sout

2 eiergele

15 ml (1 e) whiskey

10 ml (2 t) vanielje-ekstrak

Vir voorsit

180 ml (¾ k) room, geklop

60 g pistachioneute, grof gekap

  1. Smelt die botter in ’n kastrol, voeg die bruinsuiker by en laat die mengsel 5 min. borrel en karameliseer of tot dit vloeistof raak en neuterig ruik. Verwyder van die hitte en klop die room in. Sit eenkant.
  2. Klits die melk, mielieblom en sout in ’n katrol saam. Plaas oor matige hitte en kook terwyl jy aanhoudend roer. Bring die mengsel tot kookpunt, verlaag die hitte en klits die bruinsuikermengsel in.
  3. Klits die eiergele in ’n middelslagmengbak. Gooi sowat ’n koppie van die melkmengsel in ’n baie stadige, egalige stroom by die eiergeelmengsel in terwyl jy aanhoudend klop. Klop die eiergeelmengsel in die oorblywende poeding terug en roer sowat 5 min. oor matig-hoë hitte of tot dit verdik.
  4. Roer die whiskey en vanielje-ekstrak in. Skep die mengsel in opdienbakkies of glase, bedek met kleefplastiek en druk die plastiek tot op die oppervlak van die poedings. Verkoel minstens 2 uur in die yskas.
  5. Vir voorsit Bedek met die geklopte room en gekapte neute.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan