LEWER ’N GROOT TERT (8 SNYE)

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Verkoeltyd: 2 uur

Kors

200 g sjokoladekoekies

soos Romany Creams

75 g botter, gesmelt

Vulsel

150 g malvalekkers, kleiner gesny

250 ml (1 k) melk

200 g donkersjokolade,

kleiner gebreek 250 ml (1 k) room, verkoel Bolaag kleurryke lekkers

  1. Kors Druk die koekies fyn en meng met die gesmelte botter. Druk in ’n 21 x 28 cmlosboomtertpan vas. Verkoel.
  2. Vulsel Verhit die malvalekkers en melk in ’n kastrol tot gesmelt.
  3. Voeg die sjokolade by en roer tot die sjokolade gesmelt het en die mengsel glad is. Laat afkoel.
  4. Klits die room styf en vou by die sjokolademengsel in. Giet die mengsel in die kors en verkoel tot gestol.
  5. Bolaag Ontvorm die tert en stapel die sjokolade en lekkers net voor opdiening boop.