GENOEG VIR 8 MENSE

Bereiding: 20 minute

Verkoeltyd: oornag

4 eiers, geskei

80 ml (¹/³ k) suiker

160 g donkersjokolade, in blokkies gebreek

45 ml (3 e) sterk swart koffie

60 ml (¼ k) brandewyn

20 ml (4 t) kakao

125 ml (½ k) botter

bessies vir voorsit (opsioneel)

  1. Klits die eiergele en 60 ml (¼ k) van die suiker saam tot dik en lig.
  2. Plaas die sjokolade, koffie, brandewyn, kakao en botter in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater en roer tot gesmelt. (Jy kan dit ook in die mikrogolfoond by volle sterkte smelt. Roer dan elke minuut.)
  3. Klits stadig by die eiermengsel in. Laat afkoel.
  4. Klits die eierwitte en orige suiker saam tot die sagtepuntstadium en vou by die sjokolademengsel in.
  5. Giet in klein bakkies of een groot bak en verkoel oornag. Sit voor met bessies indien verkies.

WENK

Rasper sjokolade in ’n kontrasterende kleur oor, rangskik suikerblommetjies daarop, versier met moerbeie en mentblare, of plaas piepklein aarbei-kebabs bo-op.