Lewer 6 poedings

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 12-15 minute

botter en kakao vir die ramekins

125 g donkersjokolade, in blokkies gebreek

125 g botter

2 eiers

2 eiergele

65 g strooisuiker

90 g koekmeel

bessies vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 6 ramekins of oondvaste bakkies met botter en bestuif met kakao.

Smelt die sjokolade en botter in die mikrogolfoond of oor kookwater.

Klits die eiers, eiergele en strooisuiker saam vir 5-7 minute tot lig.

Vou die gesmelte sjokolademengsel in en sif die meel oor. Vou in.

Giet in die voorbereide bakkies en bak 12-15 minute tot die buitekante van die poedinkies stewig is, maar die binnekant nog effe loperig.

Maak die kante effe los met ’n mes en keer die koekies versigtig uit op eetbordjies of ’n dienbord.

Sit voor met bessies.

Volg Huisgenoot op Twitter.