Bereiding: 1 uur

Baktyd: 10 minute

Genoeg vir 6 mense

150 g kruisementgeur donker sjokolade, grof gekap

20 g botter

4 eiers, geskei

10 ml (2 t) fyngedrukte gemmer

10 ml (2 t) vanielje-ekstrak

125 ml (½ k) suiker

15 ml (1 e) meel

vla vir opdiening

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 6 vorms liggies.

  1. Smelt die sjokolade en botter in ’n bak oor pruttende water oor lae hitte en sit dan eenkant om af te koel.
  2. Klits die eiergele by die sjokolademengsel in en dan die gemmer, vanielje en suiker. Vou die meel in.
  3. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm.
  4. Vou hulle by die eier-en-sjokolademengsel in en giet hulle in die gesmeerde vorms.
  5. Vries vir 1 uur.
  6. Bak 10 minute of tot effens gerys, maar steeds loperig in die middel.
  7. Sit voor met vla.

- Hope Malau

Foto: David Briers