GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: sowat 20 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

TERT

400 g skilferkorsdeeg, ontdooi

1 geklitste eier of 20 ml (4 t)

Melk

VULSEL

50 g amandels

2 mango’s

200 ml mascarponekaas

sowat 50 ml heuning

kruisementblare vir versiering

Voorverhit die oond tot 220 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier. uit Spuit die papier met kossproei.

  1. TERT Rol die deeg af op ’n meelbestrooide oppervlak sodat dit plat lê. Sny dit in ewe groot blokke en plaas die blokke op die bakpapier.
  2. Maak ’n insnyding 1 cm van die buitekant reg om elke blokkie – net ’n ligte snytjie wat nie deur die deeg gaan nie.
  3. Verf elke blokkie met die geklitste eier of melk. Bak dit 10-15 minute in die oond of tot goudbruin en opgepof.
  4. Plaas die deegblokkies op ’n afkoelrak en laat heeltemal afkoel.
  5. VULSEL Rooster die amandels tot goudbruin en hou eenkant. Skil die mango’s en sny in klein blokkies.
  6. Plaas ’n deegblokkie op ’n bordjie en skep ’n groot lepel mascarpone op die deeg, gevolg deur die amandels, mangoblokkies en heuning.

Versier elke nagereg met ’n kruisementblaar.