Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

Verkoeltyd: 1 uur

skil van 1 lemoen

500 ml (2 k) water

15 ml (1 e) botter

250 ml (1 k) Arborio-rys

250 ml (1 k) melk

125 ml (½ k) strooisuiker

2 kaneelstokke

125 ml (½ k) mascarpone-kaas

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

fyn kaneel vir garnering

1 Meng die lemoenskil, water en botter in ’n pot en bring tot kookpunt. Voeg die rys by en bring weer tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut 15 minute tot die water ingetrek het.

2 Bring die melk, suiker en kaneelstokke in ’n ander pot tot kookpunt. Voeg die gekookte rys by en laat prut 15 minute oor lae hitte terwyl jy roer of tot die vloeistof geabsorbeer is. Roer die mascarpone-kaas en die vanielje-ekstrak in.

3 Laat die poeding afkoel, bedek en verkoel ’n uur. Bestrooi met fyn kaneel voor jy dit voorsit.

- Hope Malau