Dis haar staatmaker vir familiebyeenkomste en Sondagmiddagetes, want dit is altyd ’n wenner.

GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30-40 min.

VLA

250 ml (1 k) water

250 ml (1 k) suiker

sap en skil van 1 lemoen

45 ml (3 e) vlapoeier

45 ml (3 e) koue water

KOEK

1 eier

125 ml (½ k) suiker

250 ml (1 k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

’n knippie sout

30 ml (2 e) botter, gesmelt

125 ml (½ k) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak van 23 x 13 cm.

  1. Vla Kook die water, suiker, sap en skil in ’n kastrolletjie.
  2. Meng die vlapoeier en koue water en voeg dit by die suikerwater terwyl jy klits tot dit verdik. Verwyder van die hitte.
  3. Koek Klits die eier en suiker tot bleek. Sif die meel, bakpoeier en sout in en meng deur met ’n spatel.
  4. Voeg die gesmelte botter by en meng. Voeg die melk by en meng deeglik.
  5. Giet die vla in die bereide bak.
  6. Giet die koekmengsel oor en bak 30-40 min. of tot dit goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom.