Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40 min.

1 kaneelgegeurde brood

50 g botter

125 ml (½ k) room

150 g witsjokolade, fyn gekap

3 eiers

60 ml (¼ k) strooisuiker

500 ml (2 k) melk

skil van 1 lemoen

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Smeer die brood met die botter. Rangskik die snye in ’n oondvaste bak sodat dit effens oorvleuel.
  2. Plaas die room in ’n kastrol oor matige hitte en kook 2 min. terwyl jy roer of tot deurwarm. Verwyder van die hitte. Voeg die helfte van die sjokolade by. Sit 2 min. eenkant of tot die sjokolade smelt en die mengsel glad is. Sit 5 min. eenkant om effens af te koel.
  3. Klits die eiers, suiker, melk en lemoenskil in ’n hittebestande bak tot goed gemeng. Voeg die sjokolademengsel by en klits aanhoudend tot gemeng.
  4. Gooi oor die brood en sit 10 min. eenkant. Bedek met die oorblywende sjokolade. Plaas die bak op ’n bakplaat en bak 35 min. of tot geset.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers