1. Stroop: Verhit die water in ’n pot en voeg die res van die bestanddele vir die stroop by. Bring tot kookpunt en verminder tot prutpunt terwyl jy af en toe roer. Laat prut 10 min. Laat afkoel. Laat die stroop oornag in die yskas afkoel.
  2. Deeg: Sif die droë bestanddele saam in ’n groot bak. Klits die melk, room en eiers saam en voeg saam met die botter by die droë mengsel. Knie ’n paar minute. Draai in kleefplastiek toe en verkoel 30 min. in die yskas.
  3. Haal die deeg uit die yskas, rol uit tot 1 cm dik en sny in dun strepe.
  4. Vleg so: Knyp drie repe aan die bokant vas. Vou die buitenste repe oor na die middel en herhaal tot jy die punt bereik. Knyp vas. Herhaal met die oorblywende deeg.
  5. Verhit ½ pot olie oor lae hitte. Diepbraai die koeksisters in sarsies tot goudbruin. Dreineer op papierhanddoeke.
  6. Skep dit in die koue stroop, laat dit ’n minuut of twee die stroop opsuig en skep dit dan op ’n rak uit om af te koel. Bêre in die yskas.

 WENK: Die stroop moet altyd koud wees wanneer jy die koeksisters daarin doop. Verdeel die stroop in twee – hou die een helfte in die yskas en ruil hulle om wanneer die ander helfte te warm word.