Estelle van der Hoven van Benoni maak ’n kilojoulevriendelike kaaskoek met jogurt, maaskaas en vrugte wat in hul sap ingemaak is. Vir die kors gebruik sy cream crackers. Selfs diabete kan ’n klein stukkie hiervan geniet, want dit bevat min suiker en stysel.

Lewer ’n middelslag-koek

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: geen

KORS

100 g cream crackers, fyngemaak

3 blokkies donkersjokolade, gesmelt

30 ml (2 e) margarien, gesmelt

VULSEL

1 blik (410 g) onversoete perskeof

appelkoosskywe, in hul sap

10 g (15 ml) gelatien

250 ml (1 k) laevet-vrugtejogurt

250 g gladde laevetmaaskaas

OM VOOR TE SIT

appelkooskonfyt, effe verhit

appelliefies vir bo-oor (opsioneel)

KORS

Meng al die bestanddele vir die kors goed en druk dit vas op die bodem van ’n 18 cm-losboomkoekpan.

Verkoel tot nodig.

VULSEL

Dreineer die vrugte en behou die sap.

Spons die gelatien in 60 ml (¼ k) van die sap en verhit tot gesmelt (moenie laat kook nie).

Meng die jogurt en maaskaas.

Meng ’n bietjie met die gesmelte gelatien, voeg dit by die res van die maaskaasmengsel en meng goed.

Giet in die pan en verkoel tot stewig, maar nie gestol nie.

Pak die vrugteskywe bo-op en laat heeltemal stol (minstens 4 uur of oornag).

OM VOOR TE SIT

Ontvorm die koek en plaas op ’n dienbord.

Verf appelkooskonfyt liggies oor die vrugte en sprinkel ekstra vrugte oor soos verkies.

Huisgenoot 22 September 2011.