’n Maklike en vinnige manier om soet happies te maak.

Lewer 30

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 1 min.

385 g kondensmelk

300 g donker sjokolade, gekap

5 ml (1 t) vanieljegeursel

  1. Smeer ’n bakpan met botter en voer met bakpapier uit.
  2. Plaas die kondensmelk en sjokolade in ’n mikrogolfbestande bak en mikrogolf 1 min. op hoog. Haal uit en roer tot glad.
  3. Roer die vanieljegeursel in en giet in die voorbereide pan. Laat staan 2 uur of tot afgekoel.

Deur Hope Malau

Video: Jacques Stander