Jacqui Burton-Pye van Kuilsrivier, Kaapstad, het hierdie resep met ons gedeel.

LEWER 1 KAASKOEK VAN 23 CM

Bereiding: 25 minute

Baktyd: altesaam 30 minute

KORS

150 g wit koekies (soos brosbeskuitjies)

40-50 g botter, gesmelt

VULSEL

250 g gladde maaskaas

sap en skil van een suurlemoen

100 g suiker

3 eiers

AFRONDING (opsioneel)

geklopte room

gemengde bessies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n veerklamppan of tertbak van 23 cm in deursnee.

  1. KORS Maak die koekies fyn en meng dit met die gesmelte botter.
  2. Druk die krummels in die gesmeerde pan of tertbak en bak 10 minute. Verwyder en laat afkoel.
  3. VULSEL Meng die vulselbestanddele en skep dit op die krummelkors. Bak sowat 20 minute of tot die tert gestol het. Haal uit die oond en laat afkoel.
  4. AFRONDING Sit by kamertemperatuur voor met geklopte room en bessies indien verkies.