Lewer 15 vierkante

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

80 ml (? k) water

500 ml (2 k) suiker

60 g botter

30 ml (2 t) heuning

385 g (1 blikkie) kondensmelk

5 ml (1 t) vanieljegeursel

1       Plaas water en suiker in pot oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is.

2       Voeg botter en heuning by en meng. Roer kondensmelk by en laat stadig kook. Roer tot mengsel sagtebal-stadium (sien nota) bereik of ’n donker karamel kleur kry.

3       Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel met houtlepel by. Gooi in geolie pan en laat afkoel. Sny in vierkante as dit koud is.

Let op: Toets deur ’n klein hoeveelheid in ’n glas koue water te laat val – die mengsel is reg wanneer die balletjie tot op die bodem afsak.