Lewer 12 tertjies, 8 cm in deursnee

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

KORS

1½ pak (300 g) Tennisbeskuitjies, fyn gemaak

200 ml gesmelte botter

VULSEL

1 L (4 k) melk

1 blik (385 g) kondensmelk

2 eiers

30 ml (2 e) vlapoeier

30 ml (2 e) mielieblom

knippie sout

10 ml (2 t) vanieljegeursel

AFRONDING

vars bessies, appelliefies of enige ander seisoensvrugte

  1. KORS Meng die beskuitjiekrummels en botter goed. Druk stewig vas in losboompannetjies (8 cm in deursnee) of in een groot ertbak. Verkoel in die yskas.
  2. VULSEL Giet die melk in ’n kastrol, maar hou 250 ml (1 k) uit. Voeg die kondensmelk by die melk en bring tot kookpunt. Voeg die eiers by die orige 250 ml melk en klits goed. Voeg die droë bestanddele by en meng goed. Voeg ’n bietjie warm melk by die eiermengsel en giet dan alles stadig by die warm melk in die kastrol. Roer gedurig met ’n draadklopper en laat kook oor lae hitte tot dik.
  3. Verwyder van die hitte sodra die mengsel dik is en voeg die vanieljegeursel by.
  4. Giet in korse en verkoel tot stewig. Rangskik die vars vrugte op die tertjies net voor opdiening.

WENK: As jy nie vrugte byderhand het nie, stof net ’n bietjie kaneel oor