Marica Sevenster van Hartenbos het hierdie heerlike resep met ons gedeel.

LEWER 1 TERT VAN 23 CM

Bereiding: 45 minute

Verkoeltyd: 2-3 uur

KORS

100 g semelbeskuitjies wat in

sjokolade gedoop is, fyn

gedruk

25 g botter, gesmelt

VULSEL

140 ml water

45 ml (3 e) sterk swart koffie

12 g gelatien

3 eiers, geskei

60 g strooisuiker

125 ml (½ k) room, geklits

AFRONDING

100 g beskuitjies wat in sjokolade gedoop is, in die helfte gesny

125 ml (½ k) room, geklits

koffiebone vir versiering

  1. KORS Meng al die bestanddele en druk teen die boom van ’n veerklamppan.
  2. VULSEL Meng die water en koffie. Week die gelatien 5 minute daarin.
  3. Verhit die mengsel stadig tot die gelatien gesmelt het. Moet dit nie laat kook nie. Klits die eiergele en suiker tot verdik oor ’n kastrol waarin water prut. Verwyder van die hitte en hou aan klits tot die mengsel afgekoel het.
  4. Voeg die eiergeelmengsel by die koffiemengsel en klits goed.
  5. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit en die room by die mengsel in.
  6. Giet die mengsel oor die kors en laat dit 2-3 uur in die yskas stol.
  7. AFRONDING Keer die tert uit en plak die halwe koekies aan die kante met ’n bietjie geklitste room vas. Versier met die orige room en koffiebone.