Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 20-25 minute

Baktyd: 30-35 minute

KOEK

olie vir smeer

30 ml (2 e) botter

60 ml (¼ k) melk

15 ml (1 e) kitskoffiekorrels

60 ml (¼ k) water

5 ml (1 t) vanieljegeursel

375 ml (1½ k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

1 ml (¼ t) sout

4 eiers

250 ml (1 k) suiker

STROOP

375 ml (1½ k) suiker

560 ml (2¼ k) water

45 ml (3 e) kitskoffiekorrels

30 ml (2 e) brandewyn (opsioneel)

5 ml (1 t) vanieljegeursel

BOLAAG

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

250 ml (1 k) vars room

50 g sjokolade, gerasper

1 Koek Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n vierkantige, oondvaste bak (20 cm) met olie.

2  Verhit die botter, melk, koffiekorrels, water en vanieljegeursel in ’n klein kastrol tot die botter gesmelt het.

3 Sif die meel, bakpoeier en sout saam.

4 Klop die eiers en suiker 1 minuut met ’n elektriese klitser op hoë spoed. Meng die eiermengsel met die meelmengsel.

5 Voeg die bottermengsel by en meng goed. Gooi die beslag in die voorbereide bak en bak 30-35 minute of tot jy ’n toetspen insteek en dit skoon uitkom.

6 Stroop Verhit al die bestanddele 5 minute in ’n middelslag-pot oor lae hitte.

7 Gooi die stroop oor die koek wanneer dit uit die oond kom en laat afkoel.

8 Bolaag Klits die kondensmelk tot glad en smeer oor die koek. Klits die room tot sagte hopies vorm en smeer oor die karamel. Strooi die gerasperde sjokolade bo-oor en sit voor.