Pieter Vermeulen van Kimberley waarborg dat jy nooit weer enige ander nagereg gaan maak nadat jy hierdie een geproe het nie. Dis ook lekker vinnig om te maak.

Bereiding: 15 minute

Staantyd: sowat 1 uur

Genoeg vir 4 mense

1 blik (410 g) koejawels

1 blik (380 g) kondensmelk

80 ml (1/3 k) suurlemoensap

100 g wit sjokolade, grof gerasper

Knip die koejawelstukke kleiner met ’n skêr.

Skep dit saam met die koejawelstroop in vier glase.

Klits die kondensmelk en suurlemoensap sowat 5 minute of tot dit begin verdik.

Skep dit bo-op die koejawels en laat staan sowat 1 uur of tot stewig in die yskas.

Sprinkel die gerasperde sjokolade oor net voor opdiening.