Vakansie-aktiwiteit vir die dag: Laat die jongspan self ysies aanmekaarslaan om langs die swembad of op die strand te geniet.

Ysies wat kinders kan maak

Lewer 6 ysies van elke geur

Grendella-ysies 2 grenadellageur-Yogi Sips

Cream soda-ysies 750 ml (3 k) Cream Soda-koeldrank

Bessie-ysies 2 gekoopte bessie-smoothies

Granaat-ysies 750 ml (3 k) granaatsap 1 Giet die Yogi Sip/koeldrank/smoothie/sap in ysievorms, sit die deksel op en vries 3-4 uur. 2 Doop die vorm ’n paar sekondes in warm water, laat die ysie uitgelip en geniet dit. Wenke

  • Meng die geure deur twee van ’n geur in een ysie te kombineer – onthou net dat die eerste geur moet vries voor die tweede een bygevoeg kan word.
  • Maak jou eie bessie-smoothie: Maak 150 g aarbeie, 125 ml (½ k) bevrore of vars frambose, 60 ml (¼ k) vanieljejogurt en 15 ml (1 e) esdoringstroop saam fyn.
  • Julle kan ook enige vrugtesap behalwe pynappelsap vries om ’n eenvoudige ysie te maak. Of vries verskillende vrugtesappe lagie vir lagie om ’n kleurryke ysie te vorm.
  • Maak ystee-ysies.
  • Maak dieetysies deur ’n dieet-aanmaakkoeldrank te vries.
  • Maak vir ma en pa ’n aangeklamde weergawe deur alkohol by die ysie te voeg – Pimm’s is die gewildste vrugte-ysie-bestanddeel, en vonkelwyn werk ook goed.

Uit Huisgenoot Speel Somer 2012/3

Resep Lisa Clarke

Foto David Briers