Maak sowat 20 lekkers

Bereiding: 10 minute

Stoltyd: sowat 1 uur

30 ml (2 e) gelatien

125 ml (½ k) koue water

500 ml (2 k) strooisuiker

125 ml (½ k) kookwater

12 druppels pienk voedsel- kleursel 10 ml (2 t) vanieljegeursel klapper, helfte pienk gekleur, vir rol Spuit ’n 2,5 L-bak met kossproei.

  1. Spons die gelatien in die koue water in ’n glasbak. Verhit tot gesmelt, maar moet die mengsel nie laat kook nie.
  2. Voeg die strooisuiker en kookwater by en klits 7-10 minute met ’n elektriese klitser tot die mengsel verdik en wit verkleur.
  3. Verdeel die mengsel in twee en kleur versigtig in verskillende skakerings van pienk met die kleursel.
  4. Voeg die vanielje by. Klits weer goed en giet in die voorbereide bak. Die mengsel moet sowat 1,5 cm diep daarin lê. Plaas in die yskas tot gestol en sny dan in blokkies.
  5. Rol in die klapper