As die tyd jou inhaal, kan jy die poeding in ’n groot glasbak pleks van individuele glase maak.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

500 g klaargemaakte sjokolademousse

100 g meringues, grof gekrummel

1 pak (200 g) Romany Creamkoekies, grof gekrummel

250 ml (1 k) room, styf geklits

6-8 vars kersies

  1. Skep die helfte van die sjokolademousse in 6 lang glase.
  2. Skep die helfte van die gekrummelde meringue bo-op, gevolg deur die gekrummelde Romany Creams.
  3. Herhaal die lae.
  4. Skep ’n groot lepel vol room bo-op elke nagereg en rond elke glasie af met ’n kersie.