Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

1 blik (385 g) gemengde vrugte

1 pakkie (60 g) geel jellie

1 pakkie (60 g) rooi jellie

1 groot konfytrol of 8 klein karamelrolletjies, in skywe gesny

250 ml (1 k) sjerrie

2 piesangs, in skywe gesny

500 ml (2 k) klaargaar vla

100 g gekapte gemengde neute

50 g rooi glanskersies of

groenvye, in stukke gesny

250 ml (1 k) room, verkoel

  1. Dreineer die vrugte en behou die stroop.
  2. Vul die stroop aan met kookwater en berei die geel jellie volgens die aanwysings op die pakkie. Laat afkoel, maar moenie laat stol nie. Berei die rooi jellie volgens aanwysings en laat stol.
  3. Sny die konfytrol in ringe en pak in groot bak. Besprinkel met sjerrie.
  4. Sprinkel die gedreineerde vrugte en piesangs oor en giet die afgekoelde geel jellie oor. Laat stol.
  5. Giet die vla oor, sprinkel die neute en kersies of vye oor en skep die rooi jellie bo-op. Rond af met die room.

WENK

Laat die koeklaag in die geel jellie stol. Pak rooi glanskersies of rooi bessies bo-op, giet rooi jellie oor en laat stol. Stapel die res van die bestanddele bo-op.