Beïndruk jou familie met hierdie roomys-Kerskoek. Maak net seker almal is gereed om te eet voor dit smelt.

GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Verkoel: 4 uur

16 sjokoladekoekies

2 L vanieljeroomys, versag

250 ml (1 k) vanieljevla

60 ml (¼ k) droë klapper

50 g gemengde neute, fyn gekap

250 ml (1 k) bosbessies

250 ml (1 k) sultanas

150 g sjokolade, gesmelt

1. Voer ’n poedingstomer met kleefplastiek uit en laat 2 cm ekstra oor die rand hang.

2. Breek 10 koekies in 2 cm-stukke. Meng die roomys, koekiestukke, vla, klapper, neute, bosbessies en sultanas in ’n bak.

3. Skep die mengsel in die bereide stomer en maak die bokant glad. Strooi die oorblywende koekiestukke oor. Vries oornag of tot ferm.

4. Laat die poeding 5 min. teen kamertemperatuur rus om te versag. Keer op ’n bord uit en trek die kleefplastiek versigtig af. Bedruip met die gesmelte sjokolade en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller