Hou jy van karamel? Dan is hierdie net die nagereg vir jou.

Genoeg vir 8 mense

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 3 uur

KORS

500 ml (2 k) pretzels, fyn gedruk

100 g botter, gesmelt

60 ml (¼ k) strooisuiker

VULSEL

500 g roomkaas, versag

125 ml (½ k) karamel

10 ml (2 t) vanieljegeursel

60 ml (¼ k) room, geklits

15 ml melk

1. KORS Meng al die bestanddele in ’n middelslagbak. Druk vas in die onderkant van ’n 20 cm-veerkoekpan. Plaas eenkant.

2. VULSEL Klits die roomkaas, karamel en vanielje in ’n groot bak tot glad. Klits geleidelik die room in tot net gemeng. Klits tot donsig. Skep die mengsel in die kors.

3. Verkoel 3 uur tot geset. Verhit oorskietkaramel, meng met melk en bedruip.

Deur Carmen Petersen

Gestileer deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller