Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 5 min.

60 ml (¼ k) olie

125 ml (½ k) mieliepitte

80 ml (? k) heuning

125 ml (½ k) strooisuiker

  1. Verhit 30 ml (2 e) olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die mieliepitte by, bedek en braai 4 min. terwyl jy die pan skud of tot geskiet. Sit eenkant.
  2. Gooi die oorblywende olie, heuning en strooisuiker in ’n klein kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt en kook 3 min. of tot goudkleurig en verdik.
  3. Verwyder van die hitte. Werk vinnig en giet die heuningmengsel oor die springmielies. Meng deur voor jy dit skep op groot panne wat met kleefwerende bakpapier uitgevoer is. Laat afkoel en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander