LEWER 28 BLOKKIES

Bereiding: 10 minute

baktyd: 30 minute

250 g margarien of botter

125 ml (½ k) suiker

1 eier

750 ml (3 k) koekmeel

30 ml (2 e) bakpoeier

knippie sout

1 blik (365 g) karamelkondensmelk

klapper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat van 32 x 23 cm.

  1. Verroom die margarien of botter en suiker tot romerig. Klits die eier by.
  2. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel. Meng goed en knie tot ’n stywe deeg.
  3. Druk driekwart van die deeg in die pan vas.
  4. Smeer die karamelkondensmelk dik oor en besprinkel met die klapper.
  5. Rasper die orige deeg oor.
  6. Bak sowat 30 minute of tot goudbruin en gaar. Sny in blokkies.