Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Week: 30 min.

Gaarmaak: 45 min.

10 snye witbrood

40 g botter, versag

50 ml appelkooskonfyt

250 ml (1 k) strooisuiker

60 ml (¼ k) water

250 ml (1 k) room

180 ml (¾ k) melk

4 eiers

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

60ml (¼ k) karringmelk

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n diep bakpan.
  2. Rangskik die brood op ’n werkoppervlak. Smeer die snye liggies met botter en dan met konfyt. Sny die brood in klein vierkante en pak dit in lae in die bakplaat.
  3. Verhit die strooisuiker en water in ’n groot pot tot dit borrel en goudkleurig word. Sodra al die suiker opgelos het, verwyder dit van die hitte en voeg die room by terwyl jy aanhoudend klits. Voeg die melk by.
  4. Klits die eiers in ’n bak saam met die vanielje-ekstrak en karringmelk tot lig en donsig.
  5. Voeg die eiermengsel by die karamelroommengsel terwyl jy aanhoudend klits.
  6. Giet die vloeistof oor die brood en druk die brood sagkens met ’n vurk tot onder die oppervlak. Sit 30 minute eenkant sodat die brood die vloeistof kan opsuig.
  7. Bak 35 minute of tot die poeding goudkleurig en deurgaar is.
  8. Sit voor saam met vla, indien verkies.