Lewer 4-6 glasies of 1 groot tert

Bereiding: 15 minute

Verkoeltyd: 2-2½ uur

650 g donkersjokolade, in stukkies gebreek

200 g sjokoladebeskuitjies, gemeng met 60-80 ml gesmelte botter (as jy die tert maak)

750 ml (3 k) room, verkoel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

  1. Smelt die sjokolade en laat effens afkoel.
  2. As jy die enkele tert maak, druk die krummelmengsel teen die boom van ’n 23-cm tertbak vas.
  3. Klits die room tot sagte punte en vou die sjokolade vinnig in.
  4. Skep ’n derde van die sjokoladeroom in glase of die tertbak en smeer van die kondensmelk oor.
  5. Herhaal die lae en eindig met sjokoladeroom. Verkoel 2-2½ uur.