Bereiding: 10 minute

Genoeg vir 4-6 mense

200 g (1 pak) Tennisbeskuitjies

8-10 stywe piesangs, in skywe gesny

30 ml (2 e) suurlemoensap

360 g (1 blik) karamelkondensmelk

250 ml (1 k) klapper

250 ml (1 k) vars room

Spuit ’n 30 x 30 cm-bak liggies met kossproei en pak een laag Tennisbeskuitjies in die bak.

Sny die piesangs in skyfies. Giet die suurlemoensap oor om te verhoed dat dit verkleur.

Klits die kondensmelk tot glad, voeg die piesangskyfies en klapper by en meng liggies.

Giet die helfte van die kondensmelkmengsel oor, herhaal met die orige beskuitjies en eindig met die res van die kondensmelk.

Klop die room styf en smeer oor. Plaas vir 1 uur in die yskas, verkieslik oornag.

- Berei deur Carmen Hendricks