Lewer 1 groot koek

Bereiding: 20 minute

Verkoeltyd: 4 uur 15 minute

KORS

11 Tennisbeskuitjies, fyn gedruk

30-45 ml (2-3 e) botter, gesmelt

KAASKOEK

180 ml (¾ k) water

10 ml (2 t) rooswater

1 pak (250 g) kits-suurlemoenkaaskoekmengsel

250 ml (1 k) room

paar druppels rooi voedselkleursel

150 g pienk Turkse lekkers, in klein blokkies gesny en in versiersuiker gerol

ekstra Turkse lekkers en roosblare vir versiering

Voer ’n losboompan van 20 cm met bakpapier uit.

  1. KORS Meng die krummels met die botter. Druk in die pan vas en verkoel.
  2. KAASKOEK Giet water en rooswater in ’n mengbak, voeg die kaaskoekmengsel by en klits goed met ’n elektriese klitser. Bedek met kleefplastiek en verkoel 15 minute.
  3. Klits weer 1 minuut tot glad. Klits die room styf en vou by die kaaskoekmengsel in.
  4. Verdeel die mengsel in twee. Kleur een helfte pienk en voeg die Turkse lekkers daarby.
  5. Meng die twee kaaskoekmengsels liggies met ’n mes om ’n marmereffek te kry.
  6. Giet die mengsel in die pan.
  7. Laat staan sowat 4 uur tot gestol. Keer uit op ’n dienbord met die kors na onder.
  8. Versier met ekstra Turkse lekkers indien verkies en roosblare.

WENKE

  • Maak ’n dubbeldoorsuurlemoenkoek: Roer pleks van die Turkse lekkers ’n paar skeppe gekoopte suurlemoensmeer deur een helfte van die kaaskoekmengsel. Rond af met versuikerde suurlemoenskil.
  • Maak ’n sjokolade-kaaskoek: Roer gesmelte sjokolade pleks van Turkse lekkers deur.