GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: sowat 15 minute

Verkoeltyd: 3 uur

1 sjokoladerolkoek, in skywe gesny

100 g neute, grof gekap

500 ml (2 k) klaargaar toffievla

1 blik (385 g) kondensmelk

125 ml (½ k) suurlemoensap

1 houer (230 g of 250 g) maaskaas

6 geglaseerde groenvye, grof gesny

  1. Pak die snye koek onder in ’n tertbak en sprinkel die helfte van die neute oor.
  2. Giet die vla oor die koeklaag en smeer gelyk.
  3. Klits die kondensmelk, suurlemoensap en maaskaas goed saam en vou die groenvye in.
  4. Skep die mengsel bo-op die vla en sprinkel die res van die neute oor.
  5. Plaas minstens 3 uur in die yskas tot koud en gestol.