Lewer 1 langwerpige tert

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

Verkoeltyd: 2-3 uur

KORS

375 ml (1½ k) beskuitjiekrummels

125 ml (½ k) gesmelte botter

125 ml (½ k) bruinsuiker

VULSEL

2 sakkies (10 g elk) gelatien

125 ml (½ k) koue water

3 eiergele

125 ml (½ k) melk

125 ml (½ k) suiker

750 g (3 houers) roomkaas

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

60 ml (¼ k) suurlemoensap

125 ml (½ k) room

spinsuiker vir versiering (opsioneel)

aarbeipuree vir voorsit (opsioneel)

  1. KORS Meng die beskuitjies met die botter en suiker en druk vas op die boom van ’n middelslag-broodpan van 21 x 8 x 6 cm wat met kleefplastiek uitgevoer is.
  2. VULSEL Spons die gelatien in die koue water. Verhit tot net gesmelt; moenie laat kook nie.
  3. Klits die eiergele, melk en suiker in ’n glasbak oor kookwater tot dit verdik. Meng ’n bietjie met die gelatien, voeg alles by en meng tot opgelos. Laat effens afkoel.
  4. Roer die roomkaas, jogurt en suurlemoensap by. Klits die room styf en vou in.
  5. Giet in die voorbereide kors en verkoel tot gestol.
  6. Keer uit op ’n dienbord, verwyder die kleefplastiek en versier met spinsuiker indien verkies. Sit voor met aarbeipuree indien verkies.