LEWER 1 TERT VAN 30 CM

OF 2 TERTE VAN 15 CM

Bereiding: 30 minute

Baktyd: 30 minute

KORS

500 ml (2 k) koekmeel

250 ml (1 k) bruinsuiker

125 ml (½ k) hawermout

5 ml (1 t) sout

125 g botter, gesmelt

VULSEL

1 blik (385 g) tertappels

50 g sultanas (opsioneel)

50 g pekanneute, gekap (opsioneel)

fyn kaneel vir oorsprinkel

room vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer een tertbak van 30 cm of twee van 15 cm.

  1. KORS Meng die meel, suiker, hawermout en sout en roer die botter by om ’n krummelmengsel te vorm.
  2. Hou 250 ml (1 k) van die mengsel eenkant en druk die res op die boom van die gesmeerde tertbak(ke).
  3. VULSEL Maak die tertappels fyn met ’n aartappelfynmaker en skep oor die kors.
  4. Voeg die sultanas en pekanneute by indien verkies en sprinkel die res van die krummelmengsel bo-oor.
  5. Sprinkel ’n bietjie kaneel bo-oor en bak 30 minute in die oond tot goudbruin.
  6. Sit voor saam met room.