KOEK

200 g STORK BAKE, saggemaak

310 ml (1¼ k) strooisuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

4 ekstragroot eiers

625 ml (2½ k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

180 ml (¾ k) vanieljejogurt

VULSEL

100 g STORK SPREAD

180 ml (¾ k) suiker

60 ml (¼ k) ingedampte melk

20 malvalekkers, wit en pienk, gekap

10 ml (2 t) vanieljegeursel

125 ml (½ k) rooi glanskersies, gekap

375 ml (1½ k) gemengde gekapte neute

250 ml (1 k) room

125 ml (½ k) sjerrie

VANIELJE-VERSIERSEL

50 g STORK SPREAD

250 ml (1 k) versiersuiker, gesif

5 ml (1 t) vanieljegeursel

’n paar druppels melk

AFRONDING

250 ml (1 k) fyn klapper

somerbessies

rooi en pienk rose, in eierwit en strooisuiker gedoop

Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n 24 cm-koekpan.

Voer uit met bakpapier en smeer weer.

KOEK

Verroom die STORK BAKE en suiker tot lig en romerig.

Voeg die vanieljegeursel en een van die eiers by.

Klits goed.

Voeg die res van die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.

Sif die meel en bakpoeier by en roer die jogurt in.

Roer tot gemeng.

Skep in die pan en maak die bokant gelyk.

Bak sowat 1 uur tot gaar. Laat in die pan afkoel vir 10-15 minute en keer dit dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.

VULSEL

Verhit die STORK SPREAD, suiker en ingedampte melk oor lae hitte tot die suiker gesmelt is.

Bring tot kookpunt en verhit 5 minute terwyl gedurig geroer word.

Voeg die lekkers by en verhit effens tot dit gesmelt het.

Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.

Voeg die geursel, kersies en neute by en klits goed.

Klits die room styf en voeg die lekkermengsel by.

Klits tot dik.

Sny die koek in 3 lae.

Plaas die onderste laag op die boom van die pan en besprinkel met sjerrie.

Smeer ’n laag nougatvulsel oor, herhaal met die koeklae en nougatvulsel, eindig met vulsel en maak gelyk.

Verkoel minstens 5 uur, maar verkieslik oornag.

VANIELJEVERSIERSEL

Klits die STORK SPREAD tot vlokkig, voeg die versiersuiker by en klits baie goed.

Voeg ook die vanieljegeursel en die paar druppels melk by om ’n ligte smeerbare versiersel te maak.

AFRONDING

Haal die koek uit die pan en smeer ’n lagie vanieljeversiersel rondom.

Druk die klapper op die versiersel vas tot die kante van die koek heeltemal bedek is.

Smeer die res van die versiersel bo-op.

Versier met bessies en rose.