Lewer 12

Bereiding: 15 min.

Bak: 30 min.

125 g botter, gesmelt

1 eier

125 ml (½ k) bruinsuiker

10 ml (2 t) vanielje-ekstrak

375 ml (1½ k) meel

‘n knippie sout

200 g Tennis-koekies, fyngedruk

250 ml (1 k) sjokoladebrokkies

1 blik (385 g) kondensmelk

125 ml (½ k) gladde grondboontjiebotter

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 22 cm vierkantige bakpan met foelie uit en smeer.

  1. Plaas die botter in ’n mengbak en roer die eier, suiker en vanielje-ekstrak in. Klits tot glad. Voeg die meel en sout by en roer tot net gemeng; moenie te veel roer nie.
  2. Keer die beslag in die voorbereide pan uit en maak die bokant sagkens glad terwyl jy die beslag algaande in die hoeke indruk.
  3. Strooi die koekies egalig bo-oor en daarna die sjokoladebrokkies. Sit eenkant.
  4. Meng die kondensmelk en grondboontjiebotter in ’n groot mengbak en klits tot glad. Giet die mengsel versigtig oor die sjokoladebrokkies.
  5. Bak 30 minute of tot die bokant geset en effens goudkleurig is. Sit 2 uur eenkant en sny dan in vierkante.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers