LEWER 25-30 BLOKKIES

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

BESLAG

125 g botter

230 g donkersjokolade

3 eiers

310 ml (1¼ k) suiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

180 ml (¾ k) bruismeel

knippie sout

GRONDBOONBOTTERLAAG

125 g botter

250 ml (1 k) grondboonbotter

375 ml (1½ k) versiersuiker

PRETZELS

60 g donkersjokolade

24 mini-pretzels

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantige koekpan van 20 cm of bespuit met kossproei. Voer uit met bakpapier en bespuit weer.

  1. BESLAG Smelt die botter en sjokolade in ’n bak oor kookwater of 1-2 minute in die mikrogolf. Roer af en toe.
  2. Kilts die eiers, suiker en vanieljegeursel saam tot lig en donsig. Klits die sjokolademengsel by.
  3. Sif die meel en sout oor en vou in.
  4. Giet in die pan en bak 35 minute of tot stewig.
  5. GRONDBOONLAAG Klits die botter en grondboonbotter saam tot glad. Voeg die versiersuiker stadig by en klits tot glad en lig.
  6. PRETZELS Smelt die sjokolade en doop die pretzels daarin. Laat staan tot die sjokolade gestol het.
  7. Smeer die grondboonsmeer oor die bruintjies en stapel die pretzels bo-op. Sny in blokke.