LEWER 1 RONDE TERT VAN 30 CM

Bereiding: 45 minute

Baktyd: 15 minute

Staantyd: 1 uur

KORS

3 ml (ruim ½ t) koeksoda

10 ml (2 t) bakpoeier

625 ml (2½ k) koekmeel

250 ml (1 k) suiker

125 g botter

2 eiers, geklits

3 ml (ruim ½ t) vanieljegeursel

250 ml (1 k) karringmelk

VULSEL

125 ml ( ½ k) grondboonbotter

80 g roomkaas teen kamertemperatuur

45 ml (3 e) suiker of vanieljesuiker

knippie sout

45 ml (3 e) sagte botter

30 ml (2 e) room

15 ml (1 e) vanieljegeursel

60 ml (¼ k) fyn gedrukte aarbeie of aarbeikonfyt

3 piesangs, in skyfies gesny

125 ml (½ k) grondbone, gekap (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n ronde tertbak van 30 cm.

  1. KORS Sif die koeksoda, bakpoeier en meel saam.
  2. Verroom die suiker en botter tot lig en donsig en voeg die eiers geleidelik by.
  3. Voeg die vanielje, karringmelk en droë bestanddele by en meng om ’n deeg te vorm. Bedek en verkoel 1 uur in die yskas.
  4. Sny die deeg in skyfies van 6 mm en voer die tertbak met die deegsnye uit.
  5. Bak 12-15 minute tot goudkleurig. Laat afkoel.
  6. VULSEL Verroom die grondboonbotter en roomkaas en voeg die suiker, sout, botter, room en vanielje by. Meng goed.
  7. Voeg ’n bietjie water by die aarbeie of konfyt om dit smeerbaar te maak en smeer dit oor die deeg.
  8. Smeer ’n laag grondboonbottervulsel daarop, rangskik die piesangskyfies bo-op en eindig met die res van die grondboonbottermengsel.
  9. Sprinkel die grondbone vir versiering oor indien verkies.

Verona van den Berg van Mosselbaai het hierdie resep met ons gedeel.