LEWER 1 TERT VAN 30 CM

Bereiding: 30 minute

Baktyd: 35 minute

TERT

125 g botter

250 ml (1 k) suiker

3 eiers

500 ml (2 k) droë klapper

250 ml (1 k) koekmeel

15 ml (1 e) bakpoeier

knippie sout

250 ml (1 k) melk, louwarm

STROOP

250 ml (1 k) suiker

250 ml (1 k) water

5 ml (1 t) vanieljegeursel

geklopte room vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbak van 30 cm.

  1. TERT Verroom die botter en suiker tot lig en donsig.
  2. Voeg die eiers by en klits goed.
  3. Voeg die klapper, meel, bakpoeier en sout om die beurt by die louwarm melk. Meng goed. Skep in die tertbak en bak 35 minute tot gaar.
  4. STROOP Los die suiker in die water op en bring tot kookpunt. Voeg die vanieljegeursel by en giet oor die warm tert.
  5. Sit voor met geklopte room.