Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Vriestyd: oornag

1 blik (380 g) ingedampte melk, verkoel

1 blik (385 g) kondensmelk

1 blik (290 g) room

pulp van sowat 20 grenadellas

  1. Klits die ingedampte melk styf en voeg die kondensmelk en room by. Meng goed.
  2. Voeg genoeg grenadellapulp by tot die mengsel skielik verdik.
  3. Gebruik net so as grenadellaroom oor vrugteslaai of vries en sit voor as roomys.

WENK

Meng die roomys elke uur of wat terwyl dit vries sodat die groot yskristalle kan opbreek.