LEWER 1 TERT VAN 40 CM OF 8 KLEINER TERTJIES

Bereiding: 45 minute

Baktyd: 40 minute

KORS

180 g koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

160 g botter

75 g strooisuiker

2 groot eiers

100 ml melk

10 ml (2 t) vanieljegeursel

VULSEL

5 ml (1 t) fyn kaneel

2 blikke (360 g) karamelkondensmelk

3 klein blikkies (110 g) grenadellapulp, gedreineer

15 ml (1 e) suurlemoensap

250 g vars dadels, gekap

2 ryp piesangs, gekap

1 blik (385 g) tertappels, gekap

BOLAAG

125 ml (½ k) koekmeel

60 ml (¼ k) mielieblom

25 ml (5 t) suiker

70 g botter

5 ml (1 t) vanieljegeursel

versiersuiker en geklopte room of roomys vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak van 40 cm of 8 individuele tertbakkies.

  1. KORS Sif die meel en bakpoeier saam.
  2. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed.
  3. Voeg die melk, vanielje en meelmengsel om die beurt by die eiermengsel en meng goed.
  4. Giet die mengsel in die voorbereide bak(ke) en bak 20 minute tot gaar.
  5. VULSEL Meng al die bestanddele goed. Skep op die gaar tertdop en hou eenkant.
  6. BOLAAG Meng al die bestanddele en vryf dit met jou hande saam tot dit ’n krummeltekstuur het.
  7. Sprinkel oor die vulsel en bak nog 20-25 minute tot goudbruin van kleur en gaar.
  8. Sprinkel versiersuiker bo-oor en sit voor met geklopte room of roomys.