Bereiding: 15-20 minute

Staantyd: sowat 1 uur

Genoeg vir 6 mense

1 sponskoek of ’n paar klein rolkoeke

1 blik (380 g) gekookte kondensmelk

12 ryp grenadellas se pulp

1 L (4 k) Griekse jogurt

4 (32 g elk) Flake-sjokoladestafies, gekrummel

  1. Sny die sponskoek of klein rolkoeke in skywe of stukke en pak die helfte daarvan in ’n groot, diep glasbak.
  2. Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die koek, gevolg deur van die grenadellapulp.
  3. Skep die helfte van die jogurt bo-oor en sprinkel van die sjokoladekrummels bo-op die jogurt.
  4. Herhaal met die res van die bestanddele en eindig met sjokolade en grenadellapulp.
  5. Laat staan ’n uur of oornag in die yskas.