LEWER 30-35 BALLETJIES

Bereiding: 15 minute

Verkoeltyd: 10 minute

1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies

250 ml (1 k) versiersuiker

125 ml (½ k) kakao

125 g botter, gesmelt

5 ml (1 t) vanieljegeursel

125 ml (½ k) fyn appelkooskonfyt

klapper om in te rol

  1. Maak die beskuitjies fyn in ’n voedselverwerker of rol fyn met ’n koekroller.
  2. Plaas in ’n groot mengbak en sif die versiersuiker en kakao by.
  3. Voeg die botter, vanieljegeursel en appelkooskonfyt by en meng baie goed.
  4. Rol in bolletjies en rol die bolletjies in klapper. Verkoel tot stewig.