’n Klein rooi dadel word gewoonlik vir dié resep gebruik, maar ons het dit met gewone dadels vervang. Klapperroom is heerlik hierby.

100 g dadels, ontpit

6 mooi ryp pere

90 ml heuning

klapperroom vir opdiening

  1. Week die dadels ’n paar minute in warm water as dit baie droog is.
  2. Dreineer goed en sny in repies.
  3. Sny ’n skyfie aan die onderkant van elke peer af sodat die pere kan regop staan.
  4. Sny so 2,5 cm aan die bokant van elke peer af en hou eenkant.
  5. Gebruik ’n skerp klein messie en verwyder die stronk vanaf die bokant sonder om deur te sny na die onderkant.
  6. Rangskik die pere regop op ’n hittebestande bord.
  7. Plaas 15 ml heuning en van die dadelrepies in die uitgesnyde holtes van die pere.
  8. Plaas die bokante van die pere bo-op en steek dit met peuselstokkies vas indien nodig.
  9. Plaas die pere in ’n stomer, sit die deksel op en plaas dit oor pruttende water in ’n wok of oor ’n kastrol.
  10. Stoom 30 minute of tot die pere sag is.

Sit dit warm voor met ’n bietjie warm klapperroom.

Volg Huisgenoot op Twitter