Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 6 mense

6 pere, geskil

1 lemoen se sap en skil

375 ml (1½ k) soet witwyn

375 ml (1½ k) warm water

250 ml (1 k) suiker

1 kaneelstok

4 naeltjies

2 anyssterre

Vla

500 ml (2 k) melk

60 ml (? k) room

4 eiergele

45 ml (2 e) strooisuiker

5 ml (1 t) mielieblom

1 lemoen se skil

2,5 ml (½ t) vanielje- of lemoen-ekstrak

Meng al die bestanddele in ’n kastrol en laat prut 15 minute oor medium hitte of tot sag.

Vla

Meng die melk en room in ’n middelslag-pot oor lae hitte tot dit prut en verwyder dit dan van die hitte.

Klits die eiergele, suiker en mielieblom saam in ’n bak en gooi die warm melk in terwyl jy klits.

Sit dit terug oor lae hitte en roer dan die lemoenskil en vanielje- of lemoen-ekstrak in en sit voor met die peer.

- Hope Malau